Kraniale senuwees

Die menslike brein met die 12 paar kraniale senuwees.

Die mens het 12 paar kraniale senuwees wat van die brein af deur die foramina (verskeie openinge in die skedel) na die onderskeie sintuie en organe van die kop loop. Hoewel die meeste kraniale senuwees hoofsaaklik die sintuie wat in die kop geleë is (oë, ore, mond, ensovoorts) en ander strukture in die kop- en nekgebied innerveer, het die tiende en elfde paar kraniale senuwees tog op ander liggaamsdele ook betrekking.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search